Ekstra wiskundeklasse · Graad 8–12 · Pretoria-Oos
Rustige, doelgerigte wiskundeklasse in klein groepies. Nie net om antwoorde reg te kry nie, maar om begrip, selfvertroue en volgehoue denkvaardighede te bou, teen elke leerder se eie tempo.
“The essence of mathematics is not to make simple things complicated, but to make complicated things simple.”
Oor my
Ek het 'n passie vir wiskunde, en vir die begeleiding van leerders wat soms onseker of oorweldig voel deur die vak. Oor die jare het ek geleer dat sukses in wiskunde nie net oor vermoë gaan nie, maar oor begrip, geduld en volgehoue oefening.
Vir my bly dit 'n voorreg om saam met leerders te werk, hulle te sien groei in selfvertroue, en hulle te help om sin te maak van konsepte wat aanvanklik moeilik of intimiderend voel. Ek geniet dit om elke leerder as 'n individu te leer ken en ondersteuning te bied wat by húlle pas.
Die doel van die klasse
Klasse
Weeklikse klasse op vaste dae tydens die skoolkwartaal.
Een-tot-een lesse, gereël volgens behoefte.
Fooie 2026
Fooie vir groepklasse word volgens graadvlak bepaal: hoër grade vereis meer intensiewe voorbereiding, gevorderde inhoud en 'n sterker eksamenfokus.
Groepklasse word per maand bereken volgens die aantal klasse in daardie maand. U ontvang 'n faktuur per e-pos, en betaling voor die begin van die maand bevestig u kind se plek. Individuele lesse word ná die les gefaktureer.
Goed om te weet
Elke leerder het 'n A4-lêer (hefboom- of ringlêer) nodig wat uitsluitlik vir ekstra wiskunde gebruik word. Alle werkkaarte, oefeninge en memo's word daarin geplaas, sodat vordering maklik bygehou word en niks verlore raak nie.
Leerders word aangemoedig om hul handboeke, notas en vraestelle saam te bring. Ekstra wiskunde is aanvullend tot skoolonderrig en vervang dit nie.
Sukkel jy by die huis met 'n spesifieke probleem? Leerders is welkom om my te WhatsApp. Ek gee, waar moontlik, leiding, of ons pak dit in die volgende les aan.
Gereelde bywoning, harde werk en oefening is noodsaaklik vir vordering. Begrip en selfvertroue word oor tyd opgebou. Met geduld en gereelde oefening sal sukses wel volg.
Kontak ons
Stuur gerus 'n WhatsApp of e-pos, dan laat weet ek u van beskikbare tye en groepe.